Orde Boerevolk verklaar oorlog.

Kubaan
Site Admin
Posts: 430
Joined: Sat May 27, 2017 9:14 am

Orde Boerevolk verklaar oorlog.

Post: # 99Unread post Kubaan »

Orde Boerevolk
a militant right-wing organisation formed by former security policeman Piet Rudolph



Piet Botha and Eugene Marais applied for amnesty at the Truth and Reconciliation Commission hearings in Durban this week. The killing of seven people on the night of 9 October 1990 was a politically motivated act of war, they said. In June of that year Piet Rudolf, leader of the right wing organisation, the Order Boerevolk stole weapons from the South African Air Force Headquarters in Pretoria and declared war on the National Party government. He sent this video to the Beeld newspaper. // ‘With this we would like to demonstrate that we will fight the government with every means available and that its destruction is our highest priority.’ // Shortly after this Piet Botha was recruited into the organisation and ordered to establish a cell in Richards Bay. He in turn recruited Marais and Smuts.

Notes: Eugene Marais; Piet Botha; Adriaan Smuts; News report; Orde Boerevolk Video clip


[youtube]https://youtu.be/Zwac1Da90dI[/youtube]

[youtube]https://youtu.be/zadGkqmcz3c[/youtube]


Faceboek
https://www.facebook.com/groups/Perdeby

Telegram
https://t.me/+AlfWWNYxCm8xMTJk

Twitter
https://twitter.com/DPerdeby

Copyright
@ Perdeby



**FAIR USE**
Fair use Copyright Disclaimer under the South African Copyright Act, allowance is made for “fair use”
for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching, scholarship, education and research.
Fair use is not an infringement of copyright.

This channel is for educational purposes only!!
All my content is / was found on the public domain.
I follow the fair use dealings and fair use guidelines with my opinions and news that I report
to my subscribers about the topic of Gert van Rooyen Investigation.

Fair use permits a party to use a copyrighted work without the
copyright owner's permission for purposes such as criticism,
comment, news reporting, teaching, scholarship, or research.[/size][/b]

ALL MATERIAL AVAILABLE ON SOCIAL MEDIA
Kubaan
Site Admin
Posts: 430
Joined: Sat May 27, 2017 9:14 am

Re: Orde Boerevolk verklaar oorlog.

Post: # 100Unread post Kubaan »

Eugene Marais, wat sy vrou verlede week vermoor en daarna selfmoord gepleeg het, het 21 jaar gelede uit die maksimumveiligheidsgevangenis in Pretoria geskryf hy het geweld afgesweer.

Marais (51), destyds lid van die AWB en die Orde Boerevolk, het tronkstraf uitgedien nadat hy en twee makkers in 1990 met onder meer ’n AK 47-aanvalsgeweer op ’n Putco-bus in KwaMashu naby Durban losgebrand het. Sewe mense is doodgeskiet en 27 gewond.

Die doodstraf is sewevoudig aan hulle opgelê, maar hulle is begenadig. Marais se vonnis is toe in 25 jaar tronkstraf omgeskakel.

In 1997 het hy en sy makkers by die Waarheid-en-versoeningskommissie aansoek gedoen om amnestie en aangevoer die slagting was polities gemotiveerd.

Op 21 Januarie 1992 het Beeld berig oor die onbegryplike dade van berserkers en massamoordenaars soos die sogenaamde Wit Wolf, Barend Strydom, asook David Gray, George Hennard, Mehrdad Dashti en Marais.

Marais het die dag daarna ’n brief uit die maksimumveiligheidsgevangenis geskryf waarin hy sy misnoeë te kenne gegee het met die beriggewing “wat mense nie toelaat om te vergeet nie”.

Marais het geskryf sy dade het gespruit uit die feit dat hy polities beïnvloed is. Hy het diepe en opregte berou oor wat hy gedoen het en die pyn en lyding wat hy veroorsaak het, het hy geskryf.

“Ek het omgedraai op die pad, alle verbintenisse met die politiek verbreek en geweld afgesweer.” Hy het gevra dat mense toegelaat moet word om te vergeet.

Marais het sy vrou, Tania (39), van wie hy besig was om te skei, verlede week in sy huis in Bronkhorstspruit aangerand en toe waarskynlik met ’n mes doodgesteek.

Hy wou hul drie kinders vermoedelik slaappille ingee, maar die oudste dogter (11) het dit nie gedrink nie en sowat 5?km ver gehardloop om hulp te soek.

(Marais se brief is destyds aan die skrywer van dié berig gerig toe sy ’n algemene verslaggewer in Beeld se Johannesburgse nuuskantoor was.)

eugene brief.jpg
’n Gedeelte uit die brief wat Eugene Marais in 1992 uit die tronk geskryf het waarin hy aanvoer dat hy geweld afgesweer het. Hy het sy vrou verlede week vermoor en toe selfmoord gepleeg.
eugene brief.jpg (66 KiB) Viewed 83 times
Faceboek
https://www.facebook.com/groups/Perdeby

Telegram
https://t.me/+AlfWWNYxCm8xMTJk

Twitter
https://twitter.com/DPerdeby

Copyright
@ Perdeby



**FAIR USE**
Fair use Copyright Disclaimer under the South African Copyright Act, allowance is made for “fair use”
for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching, scholarship, education and research.
Fair use is not an infringement of copyright.

This channel is for educational purposes only!!
All my content is / was found on the public domain.
I follow the fair use dealings and fair use guidelines with my opinions and news that I report
to my subscribers about the topic of Gert van Rooyen Investigation.

Fair use permits a party to use a copyrighted work without the
copyright owner's permission for purposes such as criticism,
comment, news reporting, teaching, scholarship, or research.[/size][/b]

ALL MATERIAL AVAILABLE ON SOCIAL MEDIA
Kubaan
Site Admin
Posts: 430
Joined: Sat May 27, 2017 9:14 am

Re: Orde Boerevolk verklaar oorlog.

Post: # 101Unread post Kubaan »

Tien swart mense moes sterf vir een wit mens, hoor WVK
Spesiale Verteenwoordiger


DURBAN. Dit was 'n bevel van die ver-regse Orde Boerevolk om, waar 'n ``wit lewe verloor word weens swart politieke geweld, daar só hard teruggeslaan moet word, dat tien swart mense sterf vir elke wit mens''. Só het David Petrus Botha (51), voormalige leier van 'n sel van die Orde Boerevolk en kommandant in die AWB, gister hier voor die amnestiekomitee van die Waarheids-en-versoeningskommissie getuig. Botha doen saam met Adriaan Smits (44) en Eugene Marais (33), lede van sy sel en ook van die AWB, aansoek om amnestie weens die moord op sewe passasiers in 'n Putco bus op 9 Oktober 1990, asook weens poging tot moord op 27 passasiers en die onwettige besit van vuurwapens. Al drie mans is die doodstraf opgelê, maar hulle is begenadig. Botha dien tans 30 jaar tronkstraf in die Zonderwater Gevangenis by Cullinan uit, en die ander twee mans tronkstraf van 25 jaar elk. Botha het getuig hy is as bevelvoerder van die AWB wenkommando in Noord- Zoeloeland deur twee mans in kakieklere en klapmusse gewerf as lid van die Orde Boerevolk. Hulle het hom glo opdrag gegee om 'n sel te stig. ``Toe het die Orde Boerevolk reeds amptelik teen die NP regering oorlog verklaar deur 'n video wat mnr. Piet Rudolph (leier) gemaak en aan die media gegee het,'' het Botha gesê. Hy het Smits, Marais en twee ander gewerf vir sy sel. ``Die orde het gesê die swart-teen-swart-geweld sou uitkring na swart-teen-wit-geweld.'' Volgens Botha was hy vas oortuig daarvan dat die PAC se terreuroorlog begin het toe hy op 8 Oktober 1990 oor die radio gehoor het dat sowat 30 swart mense in PAC T-hemde 'n groep wit mense op Durban se strand aangeval het. ``Ek as selleier het gevoel ons moet dadelik 'n teenaanval doen om die regering te wys hy loop 'n gevaarlike pad en om aan die PAC en ANC en sy kommunistiese bondgenote te wys dat sulke aanvalle nie geduld sal word nie.'' Die drie mans het van Richardsbaai na Durban gery en in Durban 'n minibustaxi agtervolg. Die taxi het in KwaMashu ingery en die aanval is laat vaar. By hul terugkeer het hul by 'n vulstasie koeldrank gedrink toe die Putco bus verbyry en Botha besluit om dit aan te val. ``Ek het opdrag gegee om te skiet en ons het met outomatiese aanvalsgewere losgebrand. Ons het omgedraai na Richardsbaai.'' Botha het gesê hy voel nie goed oor die moord op die mense nie en ``geen regdenkende sal goedsmoeds die lewe van ander neem nie'', maar in 'n ``oorlogsituasie is daar altyd lewensverlies aan albei kante''. Marais het getuig Afrikaners het bedreig gevoel deur die PAC se ``One settler, one bullet''-slagkreet en gemeen die strandaanval was die begin van 'n aanslag op wittes. ``Ek het in die tronk besef ons het iets verskriklik verkeerds gedoen en bande met regse organisasies verbreek.''

kommissies
Faceboek
https://www.facebook.com/groups/Perdeby

Telegram
https://t.me/+AlfWWNYxCm8xMTJk

Twitter
https://twitter.com/DPerdeby

Copyright
@ Perdeby



**FAIR USE**
Fair use Copyright Disclaimer under the South African Copyright Act, allowance is made for “fair use”
for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching, scholarship, education and research.
Fair use is not an infringement of copyright.

This channel is for educational purposes only!!
All my content is / was found on the public domain.
I follow the fair use dealings and fair use guidelines with my opinions and news that I report
to my subscribers about the topic of Gert van Rooyen Investigation.

Fair use permits a party to use a copyrighted work without the
copyright owner's permission for purposes such as criticism,
comment, news reporting, teaching, scholarship, or research.[/size][/b]

ALL MATERIAL AVAILABLE ON SOCIAL MEDIA
Post Reply

Return to “ORDE BOEREVOLK - BWB”