Steve maak 'n politieke melaatse van homself.

Kubaan
Site Admin
Posts: 430
Joined: Sat May 27, 2017 9:14 am

Steve maak 'n politieke melaatse van homself.

Post: # 17Unread post Kubaan »

Suid Afrikaners op wie ons trots is en vir wie ons skaam kry.
Steve maak 'n politieke melaatse van homself.
Hofnar.jpg
Hofnar.jpg (118.88 KiB) Viewed 2469 times
DIE POLITIEKE STORM wat die afgelope drie weke om Steve
Hofmeyr se kop losgebars het, het nou in felheid toegeneem.

Die DA het vandeesweek kaalvuis ingeklim en Losgulp se uitsprake oor oud-pres. Mandela en Afrikaner-volksmoorde as ONVERANTWOORDELIK en ONSMAAKLIK bestempel. Volgens Winston Rabotapi, DA-woordvoerder van sport, behoort geen sportorganisasie hulle met iemand soos Steve te verbind nie.

“Die Springbokke én die Blou Bulle MOET sterk standpunt hieroor inneem, veral noudat daar in die openbaar vrae gevra word oor die gebruik van sy musiek by rugbywedstryde. “Solank as hulle nie
sterk standpunt hieroor inneem nie, sal hul handelsmerk steeds met Steve verbind word. Vir die meeste Suid-Afrikaners is dit onaanvaarbaar,” sê Rabotapi.

Ook vanuit Steve secpolitieke tuiste, AfriForum,chet daar ’n klankie vancwantroue gekom. HoewelcErnst Roets, woordvoerdercvan die organisasie, homselfcnie hieroor wou uitlaatcnie, het hy gesê dat hullecwel van tyd tot tyd niecmet Steve saamstem nie. “Ek kan wel sê ons het al van Steve verskil en sal hom op die vingers tik as
dit nodig is. Die Madiba-on onderwerp is redelik ingewikkeld.”

Die jongste storm volg nadat dit aan die lig gekom het dat die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) besluit het om nie meer van Losgulp gebruik te maak by wedstryde nie. Dit is deur Steve bevestig. “Ja, ek is duidelik bewus van die Saru se besluit om
my te boikot. Dit is persoonlik aan my verduidelik,” het die Steve gesê. Die voormalige Springbok, Chester Williams, het ook die week gesê hoewel HY nie by die debat betrokke wil raak nie, die rugbybase dit sal MOET aanspreek.

Jackson Mthembu, ANCwoordvoerder, sê rugby-unies het ’n verantwoordelikheid om demokrasie en nie-rassisme te bevorder en behoort daarom nie met Steve verbind te word “indien hy dit nie sou nastreef nie”. Intussen volg beide Saru en die Blou Bulle steeds ’n volstruisbenadering oor die krisis. Barend van Graan,
die Blou Bulle se grootbaas, het gesê hy volstaan by wat hy verlede week gesê het. “Ek gaan nie by ’n debat betrokke raak met
betrekking tot beweerde uitsprake deur Steve nie.” Andy Colquhoun, hoof van Saru se korporatiewe sake, is skynbaar nie juis op hoogte nie, want hy sê hy is nie bewus van ’n “gesprek met Steve oor die aangeleentheid nie”. “Ek herhaal wat ek
verlede week gesê het - amptelik is daar nog geen besluit hieroor geneem nie.”

In tye wat tough is en vriende min, was daar darem een ou wat vir
Losgulp in die bres getree het. Die voormalige Springbokslot
Kobus Wiese het gesê dis sommer strooi dat die aangeleentheid verpolitiseer word. “As die Blou Bulle ooit sy Blou Bul song verbied,
dan sing ek dit namens hom.”


Faceboek
https://www.facebook.com/groups/Perdeby

Telegram
https://t.me/+AlfWWNYxCm8xMTJk

Twitter
https://twitter.com/DPerdeby

Copyright
@ Perdeby



**FAIR USE**
Fair use Copyright Disclaimer under the South African Copyright Act, allowance is made for “fair use”
for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching, scholarship, education and research.
Fair use is not an infringement of copyright.

This channel is for educational purposes only!!
All my content is / was found on the public domain.
I follow the fair use dealings and fair use guidelines with my opinions and news that I report
to my subscribers about the topic of Gert van Rooyen Investigation.

Fair use permits a party to use a copyrighted work without the
copyright owner's permission for purposes such as criticism,
comment, news reporting, teaching, scholarship, or research.[/size][/b]

ALL MATERIAL AVAILABLE ON SOCIAL MEDIA
Post Reply

Return to “Steve Hofmeyer”