Dit is met absolute ontsteltenis en hartseer VALS INLIGTING

Kubaan
Site Admin
Posts: 430
Joined: Sat May 27, 2017 9:14 am

Dit is met absolute ontsteltenis en hartseer VALS INLIGTING

Post: # 193Unread post Kubaan »

Dit is met absolute ontsteltenis en hartseer VALS INLIGTING

Suid Afrikaners op wie ons trots is en vir wie ons skaam kry.

Dit is met absolute ontsteltenis en hartseer dat ons hierdie met julle deel. Ons waarsku al 'n geruime tyd, dat die sosiale media 'n verantwoordelikheid het teenoor die families van moord en misdaadslagoffers. In soveel gevalle word die regte en privaatheid van families van oorledenes geskend, deur die plasing van fotos van die oorledenes, en in baie gevalle verkeerde feite.

Ons het die onderstaande op Sunette Bridges se muur gesien, en wil bitter graag namens haar aan die betrokke persoon apologie aanteken. Ons glo die man het op baie mooi wyse geillustreer hoe immoreel dit is om misdaadlagoffers as politieke speelbal te gebruik.

Ons is ook bitter jammer om te verneem dat die enigste oorlewende kind van die tragedie nog nie eers die fotos self gesien het na al die jare nie. Nou versprei dit soos 'n kiem oor die internet!

Ons hoop Sunette plaas 'n onvoorwaardelike apologie, en ons hoop ook dat niemand verder hierdie aaklige foto's sal versprei nie.

Ons kon dit nie oor ons hart kry om die betrokkenes se name te publiseer nie.

Hier is die teks indien u nie die foto kan sien nie.

"Sunette, ek waardeer nogal jou hewige gevegte vir die voortbestaan van ons witvelle maar sommige van jou kommentaar en feite moet jy verseker verifieer voor jy dit plaas asb en dalk weer dink voor jy dit blatant plaas sonder om die families daaroor te raadpleeg! Iets wat jy dalk in jou mondering kort is finesse. Die foto van die ses lyke op Mesina se lykshuisvloer is van my vrou se oorlede Sus ____ se twee kinders en haar skoonmoeder Tannie ____ en die van haar vriendin ______ en haar twee kinders. Die Barbare het hulle op 15 Des 1985 daar op die plaas Chatsworth by Pontdrif uitgewis op die lafhartigste manier denkbaar deur 'n landmyn te laat trap op die pad waar hulle rustig ry en wild besigtig! Die foto's wat jy hier wys kom uit 'n boek wat in SA verban was (dalk nie meer nie) en __ se enigste oorlewende dogter uit die landmyn (nou 33) nog nie eers gesien het nie, sy was maar net 5 jaar oud toe dit gebeur het! Die seuntjie wat jy daar wys is klein ______ (glad nie die naam wat jy genoem het nie) wat in sy Pa _____ se arms gesterf het nadat hy gebid het dat die Here hom moet neem....was net 'n bondel gebreekte bene wat nog asem gehaal het! Wil nie eers verder daaroor uitbrei nie, jy kan my gerus kontak as jy die feite rondom die gebeurtenis wil he en verifieer. Hierdie forum is ook nie die plek om sulke gebeurtenisse die wereld in te stuur om jou punt te bewys nie, allermins. Gaan preek jou gevoelens van verhoe af of waar iemand sal luister en aandag gee en, nie soos ek, jou kritiseer nie. Ons mense wat daardeur geraak is wil dit agter ons kry en nie jare daarna nog daaraan herinner word nie. Ek is verseker nie 'n ANC heuler of Mandela aanhanger nie en kan nie vergewe oor bogenoemde nie, nooit, maar wil dit net agter ons kry asb. Help ons ook so daarmee.
Like · · Share · 8 hours ago


Faceboek
https://www.facebook.com/groups/Perdeby

Telegram
https://t.me/+AlfWWNYxCm8xMTJk

Twitter
https://twitter.com/DPerdeby

Copyright
@ Perdeby



**FAIR USE**
Fair use Copyright Disclaimer under the South African Copyright Act, allowance is made for “fair use”
for purposes such as criticism, comment, news reporting, teaching, scholarship, education and research.
Fair use is not an infringement of copyright.

This channel is for educational purposes only!!
All my content is / was found on the public domain.
I follow the fair use dealings and fair use guidelines with my opinions and news that I report
to my subscribers about the topic of Gert van Rooyen Investigation.

Fair use permits a party to use a copyrighted work without the
copyright owner's permission for purposes such as criticism,
comment, news reporting, teaching, scholarship, or research.[/size][/b]

ALL MATERIAL AVAILABLE ON SOCIAL MEDIA
wyattmathew
Posts: 65334
Joined: Mon Jul 17, 2023 7:11 am

Re: Dit is met absolute ontsteltenis en hartseer VALS INLIGTING

Post: # 29366Unread post wyattmathew »

Post Reply

Return to “Sunette Bridges”