BUITE-EGTELIKE verhouding

Johan Els
Elsa Muller
Post Reply
Kubaan
Site Admin
Posts: 209
Joined: Sat May 27, 2017 9:14 am

BUITE-EGTELIKE verhouding

Post: # 29Post Kubaan
Fri Jun 02, 2017 4:52 pm

Deur Scoop Cloete
Maandag 17 Januarie 2011

Johan Els en Elsa Muller het van die Azri’El Volksgenootskap afgestig “om die BWB op die been te bring!” Die regse leier en sy “generalin” wat onlangs uit die Azri’El Volksgenootskap bedank het nadat hulle BUITE-EGTELIKE verhouding op die lappe gekom het, kry nou die wind van voor.

Toe Sondag verlede week vir Johan Els, voormalige leier van Azri’El, vra waarom hy as leier bedank het, het hy gesê: “Ek het besluit om my eie beweging, die BWB, op die been te bring.”

Maar Sondag het reeds laasweek vasgestel wat die eintlike redes vir sy bedanking is! Dit is as gevolg van die AFFAIR!
Nou het Sondag ook vasgestel dat daar reeds ’n BWB (Boere Weerstandsbeweging) bestaan!
So nou sit ons met ’n Burger Weerstandsbeweging (BWB), Boere Weerstandsbeweging (BWB) Afrikaner Weerstandsbeweging (AWB), Boervolk Republikeine (BVR), Geloftevolk Republikeine (GVR), Boere-Republikeinse Beweging (BRB), Zuid-Afrikaanse Republikeinse Party (ZARP)... en laat ons tog nie vergeet van die Suidlanders nie!

EN DAN BESKULDIG DIE REGSES VIR SONDAG DAT ÓNS VERDEELDHEID IN HULLE KAMP SAAI!

Gmf! Klink eerder of daar al klaar genoeg verdeeldheid - wat nog te sê van VERWARRING - is!

Leidsman Andrew Ford, leier van die oorspronklike BWB, het die afgelope week vies in ’n persverklaring gesê: “Alle BWB-lede moet asseblief kennis neem dat hierdie twee afsonderlike organisasies is en daar geen bande tussen die organisasies is nie.



Post Reply

Return to “Boereweerstandsbeweging BWB”