Regse groepies takel mekaar oor Steve

John Dex Rudman
Post Reply
Kubaan
Site Admin
Posts: 209
Joined: Sat May 27, 2017 9:14 am

Regse groepies takel mekaar oor Steve

Post: # 12Post Kubaan
Wed May 31, 2017 10:30 am

Regse groepies takel mekaar oor Steve
Deur Lood 16 Februarie 2017 12:41

Die eietydse mite van Steve Hofmeyr se besoek aan pres. Donald Trump van Amerika is toe deur die werklikheid ingehaal. En die afwikkeling van die komiese episode in die lewe van regse splintergroepies het nou tot ’n volskaalse twis tussen Kommando Sorg (KS) en die Boere Krisis Aksie (BKA) gelei. Die BKA het die kommandomanne van bedrog met die insameling vir Steve se vliegtuigkaartjie beskuldig. (Ja, daar is sowaar mense wat regte egte geld vir die piramideskema met ’n regse reukie gegee het.)
kom.jpg
kom.jpg (211 KiB) Viewed 271 times
Nou dreig die KS met regsoptrede en beskuldig die BKA van naamskending. Intussen het Steve hom aan die hele spul onttrek – nadat hy afgekom het op valse plakkate wat hom uitbeeld as die leier van ’n republikeinse party wat nie bestaan nie.
John Rudman van Despatch, die KS-leier, se groot strategie was glo om Melania en Ivanka Trump te twiet om vir ’n afspraak te vra. Hoe onnosel kan ’n mens wees?

Terwyl die Steve-moet-vir-Trump-ontmoet-want-dit-gaan-die-volk-red nou in ’n “krisis” gedompel is, het Ernie Els sonder enige ophef saam met Trump gholf gespeel. Dit moes die twistende kommando- en aksiemanne groen van jaloesie gelaat het. Die ergste van alles is dat Steve klaarblyklik nog in die mitologie van ’n moontlike besoek glo, want hy sê hy sal self vir sy vliegkaartjie betaal as daar so ’n afspraak is.



Post Reply

Return to “Kommandosorg”